Home Up Contents Search

 

2 Oceans Kayak Angling Club

Until I get more info, I am posting this excerpt about the Club.

 

Nuwe kayakhengel klub slaan sy slag met hul eerste hengelnaweek.

 

Die nuut gestigde 2 Oseane Kayakhengel Klub het die naweek van 15-17 Februarie 2008 hulle eerste byeenkoms in Franskraal gehou. Die hengelaars is tegemoet gekom met onstuimige see kondisies in en om Franskraal area. Veiligheid in gedagte het die hengelaars besluit om die stiller waters van die Dam te trotseer. Met hulle aankoms is daar gelet op al die rots hengelaars wat op "Dwarsbankie" naby die kampeerplek hengel. Kayaks gepunt in die rigting van die grootrotse en die spane geswaai. Op die hengelaars se aankoms by die hengelgat is visstokke met haas opgeaas en daar is ingegooi. Sommer met die eerste gooislag is daar 'n kabeljou gevang. Hengelaars het gebaljaar onder die kabeljou en het ook later geelbek begin gevang. Die vangstes is streng nagegaan vir die regte sak hoeveelhede per spesie en ondermaat vis soos voorgelę deur die wet. 

Die naweek was n groot sukses met hengelaars wat hul limiete van onderskeidelike vis spesies kon inpalm. Die klub gaan voortans weer hengel uitstappies hou en belangstellendes kan die klub verteenwodiger Theo Fourie kontak by 028 435 6444 n/u.

 

 

Home Up

Contact Information 

Send mail to Dries with questions or comments about this web site.
Copyright © 2003 GoFishing.co.za
Webmaster: Dries
Last modified: April 15, 2012